Bible Society of South Africa

Familie en Menslike Liggaam

Baba

Daar is nie baie bekend oor die versorging van babas in bybelse tye nie.

Beenderehuis
Begrafnis

Daar was ʼn verskeidenheid begrafnisgebruike in Israel, wat soortgelyk was aan dié van ander kulture wat hulle omring het.

Besnydenis

Sowel die Israeliete as die omringende volke het hulle mans besny. In die Bybel behels besnydenis die verwydering van die voorhuid van die manlike geslagsorgaan. Vroulike besnydenis is onbekend. Meer inligting oor besnydenis kan gevind word by:

Besnydenis buite die Bybel

Besnydenis word nie net in die Bybel aangetref nie. Die gebruik was ook algemeen onder die nasies rondom Israel.

Bloedwraak

Wanneer iemand vermoor is, het die familie die opsie gehad om wraak te neem deur die moordenaar om die lewe te bring. Hierdie bloedwraak was egter onderworpe aan sekere reëls.

Bruidskat

Wanneer ʼn vrou in die huwelik uitgegee is, moes die (familie van die) man ʼn bruidskat of bruidsprys betaal.

Byvrou

In Ou Testamentiese tye kon ʼn man nie net verskeie vroue gehad het nie, maar ook een of meer byvroue. Hierdie byvroue het ʼn laer status gehad en hulle hoofdoel was om kinders te baar. Hulle was ook ʼn simbool van rykdom en mag. Byvroue word nie in die Nuwe Testament genoem nie.

Egskeiding

In die wêreld van die Bybel is egskeiding ʼn wettige gebruik, en ʼn man kon sy vrou wegstuur as hy nie langer met haar getroud wou wees nie.

Erfporsie

Ná die dood van ʼn pa, het seuns sy besittings as erfporsie ontvang. Die oudste seun het ʼn dubbele deel ontvang, sy eersgeboortereg. Mense kon tydens hulle leeftyd ʼn testament saamstel om uiteen te sit hoe hulle besittings verdeel moes word.

Familie

Familie was baie belangrik in die bybelse tyd. Familie beteken hier ʼn uitgebreide familie, ʼn pa en sy vrou (of vroue), kinders, skoondogters, kleinkinders en slawe.

Familiegroep

Elke stam het uit ʼn aantal familiegroepe bestaan. Die familiegroep is dus die tweede grootste eenheid in die ou Israelitiese gemeenskap. Die lede van ʼn familiegroep is (verlangs) familie.

Gordel

ʼn Gordel was ʼn breë strook materiaal wat om die middel van die lyf gedra is. Dit was gewoonlik van linne gemaak en soms van leer. ʼn Gordel kon oor ʼn tuniek of ʼn mantel gedra word. Die voue van die breë strook materiaal kon gebruik word as ʼn soort sakkie om kleinerige items te dra.

Graf

Wanneer mense gesterf het, is hulle begrawe. Daar was verskillende tipes grafte, grafte in die grond of ʼn ruimte wat uit ʼn rots gekap is, was die algemeenste.

Grafkamer
Grimering en liggaamsversorging in ou Israel

In die warm, droë klimaat van die Ou Nabye Ooste, was velsorg amper so algemeen soos nou, en in ʼn gevorderde stadium van ontwikkeling. Vroue het aromatiese salwe aangewend om hulle velle te beskerm teen uitdroging. Hulle het ook hulle gesigte met helder kleure opgemaak, parfuum gebruik en hulle naels geverf.

Hart

In die Bybel het die hart nie net ʼn fisiese funksie nie, maar ook ʼn geestelike een. Dit is die plek in die liggaam waar die emosies, gevoelens, moed, insig, kennis en wysheid gevind kan word. Die hart is in elke opsig die simbool van die innerlike persoon.

Hoofbedekking

In bybelse tye het mans en vroue ʼn doek om hulle koppe gedra as ʼn hoofbedekking.

Huwelik in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is die huwelik, net soos in die Ou Testament, patriargaal (via die man) van aard: die man het getrou, sy vrou is met hom getroud.

Huwelik in die Ou Testament

Huweliksgebruike in die Ou Testament kom veral na vore in verhale. Daar is min wette met betrekking tot die huwelik.

Ingang na ‘n rotsgraf
Juweliersware en grimering in ou Israel

Net soos in ons huidige samelewing het die mense in ou Israel baie tyd en aandag aan hul voorkoms bestee. Nie net ryk vroue nie maar ook diegene wat minder welgesteld was, het juweliersware gedra, grimering gebruik, hul liggame met rome en lekkerruikolies versorg en parfuum gebruik. In die Bybel is daar gereelde verwysings na juweliersware en produkte vir uiterlike versorging.

Juweliersware in ou Israel

Argeoloë het die volgende juweliersware in Israel gevind waarvan die meeste ook in die Bybel vermeld word:

Kinders

In bybelse tye was dit belangrik om kinders te hê. Kinderloosheid was as ʼn groot probleem beskou. Anders as in vandag se tyd was kinders ʼn praktiese noodsaaklikheid.

Klere van die gewone man
Kleredrag

In bybelse tye het mans, vroue en kinders dieselfde soort klere gedra:

Lendedoek

ʼn Lendedoek was ʼn breë materiaalband wat om die heupe, gewoonlik onder die tuniek gedra is. Arbeiders en slawe het dikwels net ʼn lendedoek by die werk gedra.

Leviraatsplig

Leviraatsplig is ʼn bybelse gebruik, ook bekend as die Leviraatshuwelik of swaershuwelik (levir is die Latynse woord vir swaer). As ʼn man kinderloos sterf, moes sy broer of ʼn ander lid van die familie met die weduwee trou.

Losserskap

Lossing is ʼn bekende gebruik in die Ou Testament. Dit is bedoel om te verseker dat mense en besittings (soos land) in ʼn mense se eie familie bly.

Maagd

Die Hebreeuse woord

Mantel

ʼn Mantel of bokleed is bo-oor die boonste deel van die tuniek gedra. Sowel mans as vroue het ʼn bokleed gedra.

Naamgewing

In die Ou en Nuwe Testamente het name dikwels ʼn betekenis gehad. In baie verhale is dit die moeder wat die kind se naam by geboorte kies.

Regte van die eersgeborene (die eersgeboortereg)

Die oudste seun het ʼn dubbele deel van die erfenis ontvang — dit word die geboortereg of die eersgeboortereg genoem.

Rotsgraf

Vanaf die eerste tempelperiode (omstreeks die agtste eeu voor Christus tot 586 v.C.) tot aan die einde van die tweede tempelperiode (eerste eeu v.C. tot 70 n.C.) is mense in Israel in grafkelders begrawe wat uit rotse gekap is.

Rou

Wanneer iemand te sterwe gekom het, was daar ʼn verskeidenheid rituele wat mense die geleentheid gebied het om te rou.

Salfolie

Salfolie het uit ʼn mengsel van olie en geurmiddels bestaan. Die meng van salfolie was die taak van ʼn vakman: ʼn lid van die salfmengers.

Salwing: Begrafnis

Tydens salwing is olie oor iemand se kop of voete uitgegiet, of liggaamsdele is met olie gesmeer.

Sandale

Wanneer daar in die Bybel na skoene verwys word, beteken dit in die algemeen sandale. Sandale is van leer gemaak en om die enkels met bandjies vasgemaak.

Sandale
Seun en dogter

Die woorde “seun” en “dogter” in Hebreeus dui op ʼn direkte familieverhouding, soos in Afrikaans.

Siekte

Allerhande verskillende siektes en gestremdhede word in die Bybel vermeld: gebreklikheid, blindheid, doofheid, verskeie velaandoenings (soos die Hebreeuse tzaraath), koors, ens. In werklikheid moes die aantal siektes in die wêreld van die Bybel baie meer gewees het, aangesien daar nie in die antieke wêreld soveel aandag aan gesondheidsorg gegee is nie.

Siekte en genesing in Jesus Sirag

In bybelse tye was baie mense agterdogtig teenoor dokters. Die Joodse geleerde, Jesus Sirag, dra ʼn ander boodskap oor. Vir hom is siekte die gevolg van ʼn persoon se sonde teen sy Skepper, maar ʼn siek persoon moet steeds na ʼn dokter toe gaan vir genesing.

Stam

In die Bybel word die volk Israel in 12 stamme verdeel. ʼn Stam is die grootste groep mense in die wêreld van die Ou Testament wat bymekaar behoort het. Mense in ʼn stam is op een of ander manier verwant aan mekaar.

Bible Society of South Africav.4.17.7
VOLG ONS