Bible Society of South Africa

Mantel

ʼn Mantel of bokleed is bo-oor die boonste deel van die tuniek gedra. Sowel mans as vroue het ʼn bokleed gedra.


Die mantel is gewoonlik van swaarder materiaal gemaak as die tuniek, en is met ʼn gordel van materiaal of leer om die middel vasgemaak.


Mense het nie altyd ʼn mantel gedra nie. Wanneer hande-arbeid verrig is, was dit gemakliker om net ʼn tuniek te dra.

Vorm van die mantel

ʼn Mantel was ʼn reghoekige stuk materiaal. Ons kan uit ou sketse sien dat die mantel om die liggaam gedraai is. Later, en beslis teen die tyd van die Nuwe Testament, is die mantel as ʼn sjaal om die skouers of oor een skouer gedra.


In Nuwe Testamentiese tye het sommige mans ʼn Romeinse toga gedra, wat nie reghoekig was nie maar met geronde punte, in plaas van die reghoekige mantel.

Funksies van die mantel

ʼn Mantel was meer as net ʼn kledingstuk. Dit is soms ook as ʼn kombers gebruik, en dit is waarom ʼn mantel wat volgens Eksodus 22:25-26 as deposito gebruik is, vóór sononder aan die eienaar terugbesorg moes word.


Items kon in die voue van die mantel gedra word. In Rut 3:15 gebruik Rut haar mantel (“tjalie”) om gars te dra.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS