Bible Society of South Africa

Leviraatsplig

Leviraatsplig is ʼn bybelse gebruik, ook bekend as die Leviraatshuwelik of swaershuwelik (levir is die Latynse woord vir swaer). As ʼn man kinderloos sterf, moes sy broer of ʼn ander lid van die familie met die weduwee trou.

Agtergrond van Leviraatsplig

Die doel van Leviraatsplig was om te verseker dat ʼn man se geslagslyn sou voortleef. As ʼn man sterf sonder dat hy kinders het, sou sy naam en sy nagedagtenis verdwyn. Daarom moes ʼn broer ʼn kind by die weduwee verwek (Deuteronomium 25:5-6).


Deur middel van die Leviraatshuwelik het die besittings in die familie van die oorlede man gebly. Dit was ʼn manier om te verseker dat die weduwee nie sonder regte gelaat word nie.


Dit is as ʼn groot skande beskou as iemand geweier het om met die weduwee van die oorlede broer te trou (Deuteronomium 25:7-10).

Bekende verhale

Leviraatshuwelike kom in beide die Ou en Nuwe Testament voor. Bekende voorbeelde is:

Leviraatsplig onder ander volke

Leviraatsplig is ook toegepas onder ʼn aantal volke in die omgewing van Israel. Assiriese wette wat verband hou met ʼn vorm van die Leviraatshuwelik, is gevind. Hierdie plig het ook gegeld selfs as iemand net die voorneme om te trou uitgespreek het, en die voornemende eggenoot toe voortydig gesterf het. Ook in ander tekste uit die Ou Nabye Ooste, soos dié van die Hetiete en uit Ugarit, is fragmente oor die Leviraatshuwelik gevind.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS