Bible Society of South Africa

Bloedwraak

Wanneer iemand vermoor is, het die familie die opsie gehad om wraak te neem deur die moordenaar om die lewe te bring. Hierdie bloedwraak was egter onderworpe aan sekere reëls.

Hoekom bloedwraak?

Bloedwraak was ʼn manier om ʼn balans, wat deur die moordenaar versteur is, te herstel. Wanneer iemand doodgemaak is, was die familie daarop geregtig om wraak te neem en die moordenaar dood te maak. Die bloedwraak is gewoonlik deur die (oudste) seun uitgevoer. Maar as daar geen seun was nie, kon ʼn ander familielid die rol van bloedwreker oorneem.

Uitsonderings

In die volgende gevalle kon ʼn moord nie gewreek word nie:

  • die moord van ʼn broer;
  • die wraak van ʼn man wat deur sy vrou verkul is;
  • die doodmaak van ʼn dief in die nag;
  • die daad van bloedwraak; 
    die dood van iemand tydens oorlogstye kon nie in vredestye gewreek word nie.

Vermyding van bloedwraak

Iemand wat ʼn ander persoon doodgemaak het, kon die bloedwraak ontduik deur na ʼn asielstad te vlug. In hierdie stad sou hy net veilig wees indien hy die persoon per ongeluk doodgemaak het. As die moord beplan was, sou die moordenaar in elk geval gedood word. Bloedwraak kon nie afgekoop word nie.

Bloedwraak en die losser

Bloedwraak spruit voort uit dieselfde beginsel as die konsep van die losser. Die losser was ʼn familielid wat die verantwoordelikheid gehad het om balans te herstel. Wanneer ʼn familielid ʼn stuk grond verloor het, moes die losser dit terugkoop. Wanneer familielede as slawe verkoop moes word, moes hy hulle vrykoop. Bloedwraak was ook ʼn manier om balans te herstel. Trouens, die Hebreeuse term wat vir losser gebruik word, gaal, kan in Afrikaans met “bloedwreker” vertaal word. Die woord het te doen met “om iets terug te kry” of “om iets reg te maak”.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS