Stam
In die Bybel word die volk Israel in 12 stamme verdeel. ʼn Stam is die grootste groep mense in die wêreld van die Ou Testament wat bymekaar behoort het. Mense in ʼn stam is op een of ander manier verwant aan mekaar.
Struktuur
ʼn Stam is deur ʼn raad van wyse manne gelei.
Elke stam is onderverdeel in familiegroepe
Twaalf stamme
Die 12 stamme word verbind aan die seuns van Jakob
Die stam van Josef het egter nooit as sulks bestaan nie: Josef se seuns, Manasse en Efraim, het die vaders van die twee stamme geword. Dit sou dan 13 stamme uitmaak, behalwe dat die stam van Levi gewoonlik nie getel word nie, omdat die stam nie sy eie stamgebied gehad het nie.
Twaalf gebiede
Tydens die verowering van Kanaän is aan elke stam sy eie gebied deur Josua toegeken. Die stam van Levi het egter ʼn spesiale status gehad. Die Leviete het van die opbrengs van die offers wat na hulle as die priesterlike stam gebring is geleef en hulle het geen land van hulle eie gehad nie.
Aangesien beide die stamme van Manasse en Efraim wel ʼn gebied ontvang het, was daar steeds 12 gebiede.
Die noordelike en die suidelike ryke
Toe die koninkryk van Israel ná die dood van koning Salomo verdeel het in die koninkryke van Israel
Die suidelike ryk het bestaan uit die stam van Juda. Simeon het amptelik ook aan die suidelike ryk behoort, maar sy stam word omtrent nooit na die verdeling van die land genoem nie.
Stamme in die Nuwe Testament
Die stam speel toenemend ʼn kleiner rol in die Nuwe Testament. Dit is net belangrik wanneer iemand se stamagtergrond genoem word.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: