Bible Society of South Africa

Wyn (produksie)

Wyn is een van die belangrikste landbouprodukte in die Midde-Ooste en die Middellandse Seegebied. Daar is aanduidings dat wyn reeds omstreeks 3 000 v.C. daar geproduseer is.

Druiwe-oes

Die eerste druiwe was so vroeg as Junie ryp, maar die grootste deel van die oes het tussen Julie en September plaasgevind. Die trosse druiwe is een vir een met ʼn mes of ʼn sekel van die stok afgesny.

Wynpers

Die wynpers was gewoonlik naby die wingerd. Dit het bestaan uit ʼn vlak bak, wat gewoonlik in die rotsagtige grond uitgekap is. ʼn Klein wynpers is deur een familie gebruik, maar daar was ook groot gemeenskaplike wynperse wat deur verskeie families of ʼn hele dorpie gebruik is. 

Pars van die druiwe

Die druiwe is gepars deur met kaal voete daarop te trap. Dit het die dop van die druiwe laat bars en die sap laat uitloop. Op die rand van die pars was daar ʼn klein afvoerpyp wat die druiwesap in ʼn bak of kan laat loop het.


Om te keer dat die trappers nie tydens die parsproses gly nie, was daar dikwels ʼn houtstellasie bokant die pars, waarvandaan toue afgehang het waaraan hulle kon vashou.

Rypmaak van die wyn

Na die parsproses, is die druiwesap in wynsakke van dierevel geberg.


Na ʼn klompie dae het die sap begin gis, waardeur die proses begin het om die suikers in alkohol te verander en die sap in wyn. Hierdie proses het ongeveer ses weke geduur.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS