Bible Society of South Africa

Wingerd

Wanneer die druiwe in die wingerd ryp was, het die gevaar bestaan dat dit deur diewe gepluk kon word of deur diere geëet kon word. Daarom is die wingerd gedurende die oestyd bewaak deur ʼn wagtoring wat vir dié doel gebou is.


Hierdie kliptoring is op ʼn hoë plek gebou, waarvandaan daar ʼn goeie uitsig oor die wingerd was. Dit was ʼn ronde of ʼn vierkantige toring, tussen twee en vyf meter hoog, met trappies aan die buitekant.


Hierdie soort torings is soms ook gebou om skape en bokke op te pas.

Hut in die wingerd

Nie alle wingerde het ʼn kliptoring gehad nie. Soms is wingerde vanuit ʼn hut bewaak, soos in Jesaja 1:8.


Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS