Bible Society of South Africa

Snoeiskêr

ʼn Snoeiskêr is gebruik om bome of wingerde te snoei. ʼn Snoeiskêr lyk soos ʼn sekel. Dit is ʼn krom metaalmes wat aan ʼn lang houtsteel vasgemaak is.

Snoeiskêr as metafoor

Die snoeiskêr word in die Bybel as ʼn beeld vir ʼn vredestyd gebruik. Die teenoorgestelde beeld is die spies as ʼn beeld van oorlog.


In Jesaja 2:4 en Miga 4:3 word aangekondig dat hulle ploegskare van hulle swaarde sal smee en snoeiskêre van hulle spiese. Dit dui daarop dat daar ʼn tyd van vrede en geregtigheid sal wees.


Aan die ander kant is Joël 3:10 ʼn oproep tot oorlog: “Maak swaarde van julle ploegskare, en spiese van julle snoeiskêre.”

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS