Bible Society of South Africa

Olyfolie (produksie)

Olyfolie is een van die belangrikste landbouprodukte in die Nabye Ooste en die Middellandse See. Daar bestaan aanduidings dat olyfolie sedert 3000 v.C. geproduseer word.

Olyfolie word van olywe, die vrug van die olyfboom, gemaak.

Olyfoes

Die olyfoes het in die maande Oktober en November plaasgevind. Olywe is geoes deur die boom te skud of die takke met ʼn stok te slaan. Die olywe het op die grond geval en kon in mandjies opgetel word.

Deuteronomium 24:20 sê dat die olywe wat agterna aan die bome gelos is vir vreemdelinge, weduwees en weeskinders bedoel was.

Fynmaak van olywe

Die olywe wat geoes is, is eers fyngedruk. Dit kon met die hand met ʼn soort stamper gedoen word, maar vir groter hoeveelhede is ʼn spesiale masjien gebruik. Dit het bestaan uit ʼn vlak klipbak waarin die olywe geplaas is. ʼn Groot, ronde klip is dan oor die olywe gerol totdat dit tot ʼn soort pulp fyngedruk is. Die pulp is in plat, ronde mandjies geplaas.

Pars van die olie

Die mandjies met pulp is bo-op mekaar gestapel en onder die olyfpers geplaas. Die pers het die olie uit die pulp gedruk.

Die olyfpers het bestaan uit ʼn lang hefboom wat stadig met behulp van gewigte afgetrek is. ʼn Ander tipe olyfpers het van ʼn groot skroef gebruik gemaak wat stadig stywer gedraai is.

Die eerste olie wat uit die pers gekom het, was die beste kwaliteit.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS