Bible Society of South Africa

Juk

ʼn Juk was ʼn houtbalk wat op die nek en skouers van een of twee trekdiere, byvoorbeeld osse, perde of donkies geplaas is.

Juk vir diere

Die juk is aan die diere se nek vasgemaak deur ʼn halsband van hout, strooi of tou. Die middel van die juk is deur middel van ʼn tou of ʼn paal aan die voorwerp wat die diere moes trek, vasgemaak. Dit kon ʼn ploeg, ʼn dorsslee, of ʼn wa wees.

Juk vir mense

Mense, byvoorbeeld slawe of gevangenes, kon ook ʼn juk opgelê word. Dis sou keer dat hulle ontsnap.

Juk as ʼn metafoor

Die juk (van slawerny) word ook as ʼn metafoor gebruik in die Bybel, byvoorbeeld as ʼn simbool van onderworpenheid en diensbaarheid aan die koning of buitelandse onderdrukkers (Rigters 2:18; Jesaja 9:3). Die juk word ook as simbool gebruik vir die swaar las wat iemand moet dra. In Matteus 11:29-30 vra Jesus sy dissipels om Hom te volg en sy juk op hulle te neem: “My juk is sag en my las is lig.”

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS