Bible Society of South Africa

Christelike Geloof

“Uitverkies” in die Nuwe Testament

Die begrip “uitverkies” kom op twee verskillende maniere in die Nuwe Testament voor:

Aartsengel

In die Bybel is aartsengele ʼn spesiale en belangrike groep engele. Ná die Babiloniese ballingskap het die mening posgevat dat daar ʼn hiërargie onder engele bestaan. Bo-aan hierdie hiërargie was die aartsengele. Hulle word nie in die Ou Testament vermeld nie, maar kom wel voor in die Deuterokanonieke boeke, en word twee maal in die Nuwe Testament genoem (1 Tessalonisense 4:16; Judas 1:9).

Abba

Abba

Antichris

Die woord “antichris” (in Grieks antichristos) kom voor in 1 Johannes en 2 Johannes. Dit verwys na Jesus se hoofteenstander in die eindtyd. Die vermelding van die koms van die antichris is daarop gemik om die lesers van Johannes se briewe te help om die regte keuse te maak. Ander boeke in die Nuwe Testament praat van soortgelyke karakters wat teen die eindtyd gaan verskyn.

Apokaliptiese literatuur: Daniël

ʼn Deel van die boek Daniël (Daniël 7 – 12) bestaan uit visioene en die uitleg daarvan. In die eerste visoen in Daniël 7 word een van Daniël se drome beskryf.

Apokaliptiese literatuur: Drome en visioene

In die apokaliptiese geskrifte kom die kennis wat onthul word uit drome en visioene. Dit is ʼn besondere kennis, ʼn geheime kennis omtrent die toekoms en die eindtye. Hierdie geopenbaarde kennis kan betekenis aan eietydse gebeure gee. Apokaliptiese literatuur kan, byvoorbeeld, ʼn insig bied in wat werklik in die geskiedenis plaasvind. In ʼn neutedop, ʼn stryd tussen goed en kwaad wat sy hoogtepunt nader.

Apokaliptiese literatuur: Mitologie

Die stryd tussen goed en kwaad word in beelde, wat nogal mitologies voorkom, beskryf. Dit is ʼn stryd tussen engele en duiwels, vreemde diere en monsters. Tog word die stryd gedeeltelik op aarde gestry, en die mensdom is daarby betrokke. Hoe nader die einde kom – die omverwerping van die bose wêreldorde deur die goeie – hoe verskrikliker raak die situasie. Allerlei kosmiese kragte word losgelaat: die see, die aarde en die hemele. Alles speel ʼn rol in die dramatiese eindspel van die geskiedenis.

Behalwe vir die mitologiese beelde, word kriptiese beskrywings gebruik om die boosheid van die oomblik aan te dui. Een voorbeeld is “Babilon, die moeder van die sedeloses” in die boek Openbaring. Dit verwys na die stad Rome.

Apokaliptiese Literatuur: Openbaring

Die boek Openbaring is vir Christene in die Romeinse provinsie Asië, in hedendaagse Turkye, geskryf. Die boek neem standpunt in teen die mag van Rome, in besonder die Romeinse keiserkultus.

Apokaliptiese literatuur: Twee wêreldordes

In die apokaliptiese literatuur staan twee wêreldordes teenoor mekaar – die huidige wêreldorde en die toekomstige wêreldorde:

Apostel

In Matteus, Markus en Lukas stel Jesus 12 dissipels aan as apostels. Hulle is ʼn afsonderlike groep dissipels en Jesus se verteenwoordigers.

Barmhartigheid

Barmhartigheid hou verband met ʼn innerlike gevoel van empatie of liefde wat deur dade uitgedruk word. Barmhartigheid kan aan God, sowel as aan mense toegeskryf word.

Barmhartigheid in die Ou Testament

In die Ou Testament is barmhartigheid die liefde van God vir mense of die liefde tussen mense, wat deur dade uitgedruk word.

Beëlsebul

Beëlsebul is ʼn ander naam vir Satan, die aanvoerder van die bose geeste.

Bergrede

In Matteus 5 – 7 is daar ʼn lang toespraak van Jesus, wat bekend staan as die “bergrede”. Hierdie naam is toe te skryf aan die inleidende verse:

Bergrede: Konteks

Die bergrede is ʼn samestelling deur Matteus op grond van die uitsprake van Jesus. In die Evangelie funksioneer die toespraak as ʼn opsomming van Jesus se onderrig.

Bergrede: Oorsig

Die bergrede is as ʼn egte toespraak opgebou en bestaan uit die volgende vyf onderdele:
 

Betroubaarheid in die Ou Testament: Betroubaarheid van mense

Mense word in die Ou Testament aangemoedig om betroubaar te bly in wat hulle sê en doen. Betroubaarheid moet sentraal staan in hulle verhouding met God en ander mense.

Bronne oor Paulus se lewe

Om ʼn idee te kry oor die lewe en werk van die apostel Paulus is ons afhanlik van twee bronne: sy eie briewe en die boek Handelinge. Daarbenewens is daar ʼn paar latere Apokriewe boeke met verhale oor Paulus, waarvan meeste waarskynlik onwaar is.

Bybelse waardes

Met “waardes” bedoel ons ideale of motiewe wat nagestreef moet word op grond van die idee dat die goeie gedoen moet word, met die doel dat mense so goed as moontlik moet (saam)leef.
In die Bybel het waardes nie net te make met verhoudings tussen mense nie, maar ook met die verhouding tussen mense en God, en tussen God en mense. Belangrike Bybelse waardes is:

Christendom en Judaïsme

Jesus en sy eerste dissipels was Jode wat die Joodse geloof aangehang het, en voortgegaan het daarmee. Hierdie feit is baie belangrik vir die Christelike geloof, soos die apostel Paulus sê. Maar Paulus het beklemtoon dat nie-Jode ook heeltemal gelykwaardige volgelinge van Jesus kan wees.

Christene

“Christene” (christianoi in Grieks) is die naam wat aan die volgelinge van Jesus Christus gegee is. Die woord word slegs drie keer in die Nuwe Testament gebruik. Dit is moontlik dat dit as ʼn neerhalende spotnaam begin het wat deur nie-Christene gebruik is, en later as ʼn positiewe naam deur die Christelike gemeenskap aanvaar is. 

Christus

Christus (

Dag van die Here

In die Bybel verwys die “dag van die Here” na die eindtye, wanneer God alle mense sal oordeel. Ander uitdrukkings wat na dieselfde saak verwys, sluit in “die dag van die Here se toorn”, “daardie dag”, en – in die Nuwe Testament – “die dag dat ons Here Jesus Christus kom”.
Vir inligting oor die “dag van die Here” in die Ou en Nuwe testament, sien:

Dag van die Here in die Nuwe Testament

Die uitdrukking “dag van die Here” in die Nuwe Testament is uit die Ou Testament oorgeneem. Soos in die Ou Testament verwys dit na die tyd van God se finale oordeel.

Die Heilige Gees in Johannes

Tydens die afskeidsgesprekke in die Evangelie van Johannes (Johannes 13-17) verduidelik Jesus die funksie van die Heilige Gees. Die Heilige Gees word voorgestel as ʼn advokaat. Hy sal Christene help om die waarheid te verstaan.

Die koms van die Heilige Gees

Die verhaal van pinkster wys daarop dat die verskillende tale in die wêreld nie ʼn struikelblok hoef te wees om die goeie nuus van Jesus se dood en opstanding te vertel nie. Die Heilige Gees verseker dat alle mense in hulle eie taal kan hoor van die wonderlike dinge wat God gedoen het.

Die nagmaal

In die vroeë kerk is die nagmaal ʼn liturgiese maaltyd wat gegrond is op Jesus se laaste maaltyd saam met sy 12 dissipels aan die vooraand van sy dood. In die Bybel word verskillende woorde gebruik vir die nagmaal:

Die Ons Vadergebed: Inhoud

Die Ons Vadergebed is ʼn bekende gedeelte in die Bybel. In die eerste helfte val die klem hoofsaaklik op die eer van God, terwyl die tweede gedeelte handel oor mense se optrede.

Die Ons Vadergebed: Weergawes

In Lukas en Matteus leer Jesus sy dissipels ʼn gebed wat later bekend sou staan as die Ons Vadergebed.

Die opstanding van Jesus in Johannes

In die Evangelie volgens Johannes is die verskyning van die opgestane Jesus belangriker as die leë graf. In die verskynings het ons aan die een kant ʼn geestelike opstanding soos dit in gedeeltes in Johannes 20 voorkom: 

Die opstanding van Jesus in Lukas

In die Evangelie volgens Lukas verskyn Jesus in en rondom Jerusalem. Dit is ook die gebied waar die hemelvaart van Jesus plaasvind en die vertrekpunt waarvandaan die evangelie tot by die eindes van die aarde verkondig sal word.

Die opstanding van Jesus in Markus

Markus 16:1-8 is die oudste bekende teks waarin daar van ʼn leë graf gepraat word. Die verhaal van die leë graf sluit aan by weergawes van mense wat nie sterf nie, maar in goddelike glorie opgeneem word. Jesus word opgeneem net soos Henog en Elia. Die leë graf in Markus dien as voorbereiding vir die verskynings van Jesus, maar die verskynings word nie in Markus beskryf nie (Markus 16:9-20 is ʼn latere toevoeging tot die Evangelie).

Die opstanding van Jesus in Matteus

In Matteus word die opstandingsverhaal uitgebrei met die bewaking van die rotsgraf, die verhaal van die diefstal van die liggaam van Jesus en die verskyning in Galilea. Die verhaal van die bewaking en omkopery van die soldate demonstreer weer eens die ongeloof van die Joodse volk. In die verskyning in Galilea word Jesus voorgehou as die Seun van die mens aan wie alle mag gegee is. Dit is daar waar die dissipels die opdrag gegee word om die evangelie te verkondig.

Die opstanding van Jesus: Belydenis

In die briewe van Paulus kry ons die oudste getuienisse van die geloof in Jesus se opstanding. Hierdie geloofsuitsprake was reeds bekend aan die lesers van sy briewe, en gaan dus terug na die vroegste Christene. Die opstanding van Jesus het onmiddellik ʼn sentrale plek in die Christelike geloof ingeneem.

Die opstanding van Jesus: Verskynings

Die oudste beskrywing van ʼn verskyning van Jesus word aangetref in die brief van Paulus aan die gemeente in Korinte. Die beskrywing wat hy daar gee, was grotendeels reeds aan die gemeente bekend. Dit is opvallend dat Paulus nie praat van ʼn leë graf of oor die liggaamlikheid van die opgestane Jesus nie.

Dienaar van die Here

In die Bybel word verskillende mense as dienaars van die Here beskryf. Daar is vier gedeeltes in Jesaja wat op ʼn baie spesifieke manier oor die dienaar van die Here praat. In die Nuwe Testament word hierdie gedeeltes op Jesus van toepassing gemaak.

Dissipel

In die Joodse tradisie is dissipels (in Grieks:

Dissipel in Johannes

In Johannes is Jesus se dissipels bowenal sy vriende wat in Jesus se verbondenheid met God kon deel (Johannes 13 – 17). Vroue, soos Maria Magdalena in Johannes 20:1-18, deel ook in hierdie vriendskap. In die tradisie word sy daarom ook apostola apostolorum (apostel van die apostels) genoem.

Dissipel in Lukas

Soos Matteus tref Lukas ʼn duidelike onderskeid tussen die groter groep dissipels en die twaalf apostels. Maar in Lukas word die twaalf in ʼn vroeë stadium die gesag verleen om die koninkryk van God (Lukas 9:1-6) te verkondig. Hierdie opdrag is nie net bedoel vir die twaalf nie: Jesus stuur tot 72 dissipels uit (Lukas 10:1-20).

Doop

Doop is ʼn volledige onderdompeling in water. In die Bybel is dit ʼn teken van ʼn nuwe begin en van ʼn inlywing. Jesus vra om deur Johannes die Doper gedoop te word. Later het doop ʼn belangrike toelatingsrite in Christelike gemeenskappe geword.

Duiwels in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is duiwels gesien as die helpers van Satan, wat siekte en onheil veroorsaak.

Ekklesia

In Nuwe Testamentiese tye was huiskerke (gemeentes wat by mense se huise bymekaar gekom het) die grondslag van die Christelike beweging.

Bible Society of South Africav.4.25.2
VOLG ONS