Bible Society of South Africa

Duiwels in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is duiwels gesien as die helpers van Satan, wat siekte en onheil veroorsaak.

Duiwels as Satan se helpers

Sedert die Hellenistiese tydperk het sekere bewegings binne die Judaïsme duiwels begin beskou as bose geeste wat onderdane van Satan was. Hulle het onder opdrag van Satan rampe oor mense gebring. God en sy engele het teenoor Satan en sy helpers gestaan en uiteindelik is die duiwels vir altyd deur God verslaan in ʼn finale stryd tussen God en Satan. Hierdie beeld word ook in die Nuwe Testament aangetref.

Duiwels in die Sinoptiese Evangelies

In die Sinoptiese Evangelies word ʼn wye verskeidenheid afwykings, soos aggressie (Matteus 8:28), epilepsie (Lukas 9:39), blindheid (Matteus 12:22) en doofheid (Markus 9:25) aan duiwels toegeskryf. Nie alle siektes is egter op dié manier verklaar nie, en sommige gebreke is soms beskou as ʼn siekte, maar ander kere as besetenheid.


Die uitdryf van duiwels was ʼn belangrike deel van Jesus se werk op aarde. Sy mag oor duiwels is die bewys van die nuwe koninkryk wat met Hom ʼn aanvang geneem het (sien bv Matteus 12:25-29). Deur die duiwels (aan Hom) te onderwerp, wys Jesus dat Hy sterker as Satan is en dat Hy hom uiteindelik sal oorwin. Jesus het sy mag oor die duiwels deurgegee aan sy dissipels (sien bv Markus 3:13-19). Ander gelowiges was ook in staat om duiwels uit te dryf (sien bv Handelinge 8:5-8).

Duiwels in ander Nuwe Testamentiese tekste

Op ander plekke in die Nuwe Testament is die klem meer op duiwels as die morele en spirituele teenstanders van die heiliges. Duiwels probeer die gelowige verlei om die pad van geloof te verlaat deur hom in die versoeking te lei om te sondig (1 Timoteus 4:1).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS