Markus 16:1-8 is die oudste bekende teks waarin daar van ʼn leë graf gepraat word. Die verhaal van die leë graf sluit aan by weergawes van mense wat nie sterf nie, maar in goddelike glorie opgeneem word. Jesus word opgeneem net soos Henog en Elia. Die leë graf in Markus dien as voorbereiding vir die verskynings van Jesus, maar die verskynings word nie in Markus beskryf nie (Markus 16:9-20 is ʼn latere toevoeging tot die Evangelie).
Die slotvers (Markus 16:8) praat van die vrees van die dissipels. Later gaan die dissipels tog voort om die evangelie te versprei. Hulle het hulle vrees oorkom, nie deur die leë graf nie, maar deur hulle latere ervarings van die opstanding.