Die koms van die Heilige Gees
Die verhaal van pinkster
Die dissipels ontvang die Heilige Gees
Op pinksterdag ontvang die apostels en die ander dissipels van Jesus die Heilige Gees. In Handelinge 2:1-4
Jode uit verskillende lande
Op daardie tydstip was daar baie Jode uit die buiteland in Jerusalem vir die fees van die oes
In Handelinge 2:9-11
In hulle eie taal
Toe die Jode uit verskillende lande die dissipels van Jesus hoor praat, was hulle baie verbaas. Die mense hoor in hulle eie taal hoe die dissipels vertel van die uitsonderlike dinge wat God gedoen het.
Die dissipels van Jesus wat waarskynlik van kleins af Aramees gepraat het, het skielik al die tale in die wêreld bemeester. Die verskeidenheid tale in die wêreld is daarom nie ʼn struikelblok vir die verspreiding van die goeie nuus nie.
Die toring van Babel
Die begin van Handelinge 2 is ʼn duidelike verwysing na die verhaal van die toring van Babel in die Ou Testament (Genesis 11:1-9
Met pinkster word daar ʼn einde aan hierdie verwarring gebring. God gee aan Jesus se volgelinge die Heilige Gees sodat mense oor die hele wêreld die goeie nuus in hulle eie taal kan hoor.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: