Bible Society of South Africa

Belial

In die Nuwe Testament is Belial die naam vir Satan, die koning van wetteloosheid.

Belial in die Ou Testament

Belial is ʼn Hebreeuse woord wat “waardeloos”, “wetteloos” of “verdorwe” beteken. Mense wat immoreel optree, word soms “seuns van Belial” genoem (dit is, “seuns van wetteloosheid”, “wetttelose mense”) in die Ou Testament.

Belial in die Nuwe Testament

In Joodse tekste uit die bybelse tyd word Belial ook ʼn paar maal genoem. Daar word die naam dikwels per abuis as “Beliar” geskryf. In hierdie tekste is Belial of “Beliar” ʼn naam vir Satan, die koning van wetteloosheid. Die Nuwe Testament gebruik Belial op soortgelyke wyse (sien 2 Korintiërs 6:15). In 2 Tessalonisense 2:3 word Satan “die wettelose mens” genoem, wat eintlik ʼn vertaling van Belial is.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS