Bible Society of South Africa

Apokaliptiese literatuur: Daniël

ʼn Deel van die boek Daniël (Daniël 7 – 12) bestaan uit visioene en die uitleg daarvan. In die eerste visoen in Daniël 7 word een van Daniël se drome beskryf.

Inhoud van die droom 

In die droom in Daniël 7 sien Daniël vier diere wat uit die see opkom. Dit is verskriklike diere. Die laaste dier kry die meeste aandag. Die vierde dier is skrikwekkend (Daniël 7:7–8). Dit verslind alles met sy groot ystertande en vertrap alles wat oorbly. Dit het tien horings en daar groei nog ʼn kleiner horing uit, wat allerhande verwaande dinge kwytraak.


 


Dan verander alles: ʼn ou, wyse man met wit hare gaan sit op ʼn troon van vuurvlamme (Daniël 7:9-14). Hy bepaal die lot van die diere. Die vierde dier word onmiddellik doodgemaak. Iemand soos ʼn menslike wese het in die wolke nadergekom, en aan hom is die koninklike heerskappy oor al die nasies gegee.

Uitleg van die droom

Daniël 7:17-27 verduidelik dat die vier diere vir vier koninkryke staan. “Die heiliges van die Allerhoogste”, dit wil sê die Jode, is diegene wat uiteindelik die koninklike mag ontvang. Die tien horings van die vierde dier is tien konings van die vierde koninkryk. Die klein horinkie wat later uitkom, is die laaste koning. Hy sal “die heiliges van die Allerhoogste”, die Jode, onderdruk en ook probeer om hulle godsdienstige wette en feeste te verander.

Die visioen vertel ons dat ʼn koning gaan kom wat die Jode gaan verdruk, maar dat die Jode daarna aan bewind sal kom. Volgens die meeste navorsers verwys die slegte koning na Antiogus IV Epifanes.

Volgens die eerste Christene is die persoon wat koninklike mag ontvang in Daniël 7 eintlik Jesus.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS