Bible Society of South Africa

Administrasie en Samelewing

Ab (maand)

Ab

Abib (maand)

Abib

Adar (maand)

Adar

Aflê van die eed in die Nuwe Testament

In Matteus 5:33-37Jesus dat mense nie ʼn eed moet af te lê nie, omdat hulle “ja” net “ja” moet wees, en hulle “nee” net “nee”.

Agrippa

Koning Agrippa II is die seun van Herodes Agrippa I en ʼn agterkleinkind van Herodes die Grote. Hy het vanaf 48 tot ongeveer 93 n.C. regeer.

Akkadies

Akkadies is ʼn Oos-Semitiese taal wat eintlik ʼn versamelterm is vir Babilonies (die taal van die Babiloniërs) en Assiries (die taal van die Assiriërs). Babilonies en Assiries is in spykerskrif geskryf wat by die Sumeriërs geleen is. Spykerskrif het as gevolg hiervan ʼn ontwikkeling ondergaan.

Alfabet

Omstreeks 1500 v.C. het die nasies van die Ou Nabye Ooste begin om ʼn nuwe skryfwyse te gebruik: die alfabet. Dit was waarskynlik die Fenisiërs wat hierdie skryfwyse ontwikkel het. Die alfabet het uit 22 letters bestaan, wat elkeen ʼn spesifieke konsonant aangedui het. Klinkers is nie in die skrif weergegee nie. Hierdie tipe skrif word “alfabet” genoem, en verwys na die eerste twee letters van die Griekse alfabet: alfa en beta.

Antiogus IV

Antiogus IV Epifanes was die koning van Sirië gedurende die tweede eeu v.C. Judea het ook onder sy heerskappy geval. Hy het die tempel in Jerusalem geplunder.

Argelaos

Argelaos is een van Herodes die Grote se seuns. Na die dood van sy vader ontvang Argelaos die beheer oor Judea, Samaria en Idumea. Argelaos is vanaf 4 v.C. tot 6 n.C. heerser oor hierdie gebiede.

Augustus

Augustus was die eerste keiser van die Romeinse Ryk. Hy is by sy geboorte Gaius Octavianus genoem, maar as keiser het hy die naam Augustus (die “verhoogde”) ontvang. Hy was vanaf 27 v.C. tot 14 n.C. keiser.

Babiloniese ballingskap

Die eerste keer toe die inwoners van Juda in gevangenskap weggevoer is (sien eerste wegvoering na Babilonië), is onmiddellik opgevolg deur ʼn tweede ballingskap. Weer eens word ʼn deel van die bevolking van Juda deur die Babiloniërs weggevoer.

Babiloniese kalender

In latere Ou Testamentiese tekste en in die Deuterokanonieke boeke tref ons die name van die maande uit die Babiloniese kalender aan. Sedert die Babiloniese Era (sesde eeu v.C.) is hierdie kalender deur Israel gebruik.

Ballingskap

Die inwoners van Juda en Israel is verskeie kere in ballingskap weggevoer. Hulle is deur verskeie volke as ballinge na ander lande weggevoer. Dit was ʼn manier vir ʼn oorheersende mag om te verseker dat ʼn land ontwrig word en dit nie maklik vir hulle sou wees om in opstand te kom nie.

Belastinggaarder

ʼn Belastinggaarder of tollenaar was iemand wat belasting namens die Romeinse owerheid ingesamel het. In die tyd van die Nuwe Testament is daar op tollenaars neergesien omdat hulle met die Romeine geheul het. Boonop het hulle dikwels vir méér geld gevra as wat hulle moes.

Belastings in die Nuwe Testament

Twee soorte belasting word in die Nuwe testament vermeld:

Boekrol

ʼn Boekrol is ʼn opgerolde stuk perkament (gedroogde en behandelde dierevel) of papirus. Velle perkament of papirus is in ʼn rol aanmekaargeplak — soms ʼn paar meter lank. Daar is in kolomme slegs aan die binnekant van die boekrol geskryf. Om ʼn boekrol te lees, moes dit eers afgerol word.

Boetes

Wanneer iemand ʼn misdaad gepleeg het, kon die straf uit ʼn boete of vergoeding bestaan het. Hierdie boete is aan (ʼn familielid van) die slagoffer betaal.

Buitelanders en vreemdelinge

Daar was vreemdelinge in elke samelewing van die Ou Nabye Ooste. Die aantal vreemdelinge het in die Grieks-Romeinse periode (sedert die vierde eeu v.C.) toegeneem, aangesien dit vir mense makliker geword het om te reis. En baie verskillende bevolkingsgroepe het regoor die groter stede rondom die Middellandse See gewoon.

Bul (maand)

Bul

Chassideërs

Die Chassideërs (ook gespel “Hassideërs”) was ʼn groep vroom Jode. Hulle het in die tweede eeu v.C. ontstaan alhoewel daar onsekerheid oor hulle herkoms is. Volgens 1 Makkabeërs 2:42 was die Chassideërs dapper mense wat getrou aan die Wet van Moses gebly het, ongeag die prys. Hulle het heftig weenstand gebied teen die invloed van die Griekse kultuur op die Joodse lewe. Die Chassideërs is voorlopers van die latere Joodse groepe soos die Fariseërs.

Denarius

ʼn Denarius was omtrent die dagloon van ʼn goed betaalde werker. ʼn Denarius was dieselfde werd as ʼn dragme.

Diefstal

Diefstal was streng verbode in die Bybel; dit is trouens een van die Tien Gebooie. Daar het ʼn aantal verskillende strawwe vir diefstal gegeld. Dit het berus op dit wat gesteel is.

Doodsvonnis

Die swaarste straf wat opgelê kon word, was die doodsvonnis.

Eedswering

Om te sweer is om ʼn eed of ʼn gelofte af te lê. Om te sweer kom ook dikwels in die Bybel voor. Mense het ʼn eed afgelê om hulle verklaring te bekragtig. Dit kon ʼn positiewe bedoeling hê (met ʼn eed), of ʼn negatiewe een (met ʼn vloek). 

Eedswering in die Ou Testament

Ede kom in alle genres van die Ou Testament voor. God word opgeroep as getuie vir die waarheid van dit wat mense verklaar of belowe.

Eerste wegvoering na Babilonië

Die bevolking van Juda is vir die eerste keer in die sewende eeu v.C. na Babilonië weggevoer.

Elul (maand)

Elul

Emperor

Die belangrikste leier in die Romeinse Ryk in Nuwe Testamentiese tye was die keiser in Rome. Tydens Jesus se leeftyd was Augustus en Tiberius keisers. Paulus is waarskynlik deur keiser Nero gevonnis.

Esseners en die Nuwe Testament

Sommige begrippe in die Nuwe Testament speel ʼn belangrike rol in Esseense literatuur. Maar sulke ooreenkomste beteken nie dat die eerste Christene Esseners was nie.
En
Jesus se voorloper, Johannes die Doper, wat in die omgewing van die Jordaan gepreek het, was waarskynlik nie ʼn lid van die Esseners nie. Maar die idees van Johannes en Jesus toon wel ooreenkomste met Esseense denke.

Esseners en Qumran

Die Joodse skrywers Flavius Josefus en Philo van Aleksandrië het spesifiek oor die Esseners geskryf. En die Romeinse goewerneur Plinius die Oudste het geskryf dat die Esseners noord van die En-Gedi op die strande van die Dooie See gewoon het. Dit was presies die plek waar ʼn skat van ou Hebreeuse geskrifte rondom 1947 ontdek is. Die geskrifte is in grotte naby ʼn antieke nedersetting gevind wat vandag bekend staan as Khirbet Qumran.

Etanim (maand)

Etanim

Eunug

ʼn Eunug was ʼn hofdienaar in die Ou Nabye Ooste. Eunugs was gewoonlik gekastreer.

Fariseërs

In Jesus se tyd was die Fariseërs baie belangrike godsdienstige leiers van die Joodse volk.

Fariseërs in die Nuwe Testament

Die Fariseërs word meer as ʼn honderd keer in die Nuwe Testament vermeld. In die Evangelies het Jesus vele gesprekke met hulle omtrent die interpretasie van die wet. Die verskillende evangeliste gee elkeen hul eie unieke perspektief op die Fariseërs.

Filippus (die seun van Herodes)

Filippus is een van die seuns van Herodes die Grote. Ná die dood van sy vader, word Filippus vanaf 4 v.C. tot 34 n.C. heerser van die noordelike deel van sy vader se koninkryk. Hierdie Filippus word drie keer in die Nuwe Testament vermeld.

Geld in die Nuwe Testament

In Nuwe Testamentiese tye het mense meesal met Griekse of Romeinse munte betaal. Ruilhandel het slegs op ʼn klein, plaaslike skaal voorgekom.

Geld in die Ou Nabye Ooste

Voordat geld in die oudheid gebruik is, was daar al voorlopers van die munt.

Geldeenheid

Geld sedert die sesde eeu in Israel gebruik. Voor dit was ruilekonomie aan die orde van die dag.

Geldwisselaars

In die antieke wêreld was geldwisselaars nodig vanweë al die verskillende muntsoorte. Hulle kon dikwels by markte en op pleine, waar handel gedryf is, gevind word.

Getuie

Getuies was onontbeerlik in ʼn hofsaak. ʼn Uitspraak kon slegs gelewer word indien daar genoeg getuies was.

Gewigte en mate

Die oorsprong van die sisteem van gewigte en mate in die Bybel is onbekend. Daar was geen standaard vir die bepaling van lengte of gewig nie. Die presiese waarde van die bybelse gewigte en mate is soms moeilik om vas te stel. Sommige mates van volume is gebruik vir vaste stowwe, en sommige vir vloeistowwe.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS