Bible Society of South Africa

Ballingskap

Die inwoners van Juda en Israel is verskeie kere in ballingskap weggevoer. Hulle is deur verskeie volke as ballinge na ander lande weggevoer. Dit was ʼn manier vir ʼn oorheersende mag om te verseker dat ʼn land ontwrig word en dit nie maklik vir hulle sou wees om in opstand te kom nie.

Eerste keer

Die eerste keer dat ons in die Bybel van ʼn ballingskap lees, is wanneer die stam Naftali weggevoer word deur die Assiriese koning Tiglat-Pileser III (sien 2 Konings 15:29). Dit het in die agtste eeu v.C. plaasgevind.

Tweede keer

In 722 v.C. het die Assiriese koning, Salmaneser V Samaria, die hoofstad van die noordelike ryk van Israel verower. Hy het ʼn deel van die bevolking na verskeie dele van die Assiriese Ryk weggevoer (sien 2 Konings 17:5).


Dit was egter nie die hele bevolking wat weggevoer is nie. En mense van ander lande het hulle ook in Israel gevestig. Saam met die mense wat agter gebly het, het ʼn gemengde bevolking ontstaan.


Hierdie mense is Samaritane genoem (2 Konings 17:29). Hulle was nie meer as ware Jode beskou nie, omdat hulle, naas God, ook ander gode aanbid het (2 Konings 17:33).

Derde keer

Die bekendste ballingskap is die Babiloniese ballingskap. Hierdie ballingskap kan in drie fases verdeel word. Die eerste wegvoering het in 597 v.C. begin en het die weg gebaan vir die Babiloniese ballingskap van 586 tot 539 v.C. Wanneer mense na “die Babiloniese ballingskap” verwys, is dit altyd ʼn verwysing na hierdie tweede tydperk. 

 

Verwante Bybelgedeeltes

2 KONINGS 17.24 - 2 KONINGS 17.41

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS