Bible Society of South Africa

Emperor

Die belangrikste leier in die Romeinse Ryk in Nuwe Testamentiese tye was die keiser in Rome. Tydens Jesus se leeftyd was Augustus en Tiberius keisers. Paulus is waarskynlik deur keiser Nero gevonnis.

Voordat daar keisers was

Aanvanklik is die Romeinse Ryk deur konings regeer, maar dit het geëindig toe Rome in 510 v.C ʼn republiek geword het. Sedertdien is twee konsuls elke jaar verkies om die gebied te lei. Om die misbruik van mag te verhoed, moes die konsuls mekaar monitor. 


Een van die laaste konsuls was Julius Caesar, wat absolute mag aanvaar het en aldus ʼn voorloper van die keisers geword het. Die Duitse woord vir keiser, kaiser, is van sy naam afgelei. 

Keiser Augustus

Die eerste keiser van die Romeinse Ryk was Gaius Octavianus. Hy het regeer van 27 v.C. tot 14 n.C., toe hy vir Julius Caesar opgevolg het. Octavianus staan eintlik bekend as Augustus, wat oorspronklik ʼn eretitel was en “verhewe een” beteken het, maar Octavianus het dit as ʼn naam gebruik.


Augustus was keiser toe Jesus gebore is. Teen die tyd van Jesus se dood, is Augustus reeds deur keiser Tiberius (14-37 n.C.) opgevolg.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS