Bible Society of South Africa

Filo

Filo van Aleksandrië was ʼn Joodse filosoof uit Aleksandrië. Hy het van 20 v.C. tot 50 n.C. gelewe. Hy het baie boeke geskryf, waarvan die meeste gewy is aan die eksegese van die Pentateug (die eerste vyf boeke van die Ou Testament).

ʼn Allegoriese uitleg van die Bybel

Filo het die Bybel allegories uitgelê. Dit beteken dat, volgens hom, alles in die Bybel nie net ʼn letterlike betekenis gehad het nie, maar ook ʼn simboliese en geestelike (“allegoriese”) betekenis. Vanuit hierdie perspektief het Filo allerhande filosofiese beginsels in die Bybel gesien. Hy het byvoorbeeld die slang in Genesis 3 gesien as ʼn simbool van genot, en Abram wat Ur verlaat as ʼn simbool vir die siel wat die liggaam verlaat.

Esseners

Filo het ook oor die Esseners geskryf. Hy het beklemtoon dat die Esseners ʼn selibate lewe gelei het en gekies het om arm te wees. Hy het gesê dat hulle net genoeg kos geproduseer het om aan die lewe te bly.



Filo praat ook oor die gemeenskaplikheid van die Esseners: hy het gesê dat hulle een skatkis gehad het waarin al hulle inkomste bewaar is. Hulle het selfs klere gedeel en saam maaltye genuttig. Volgens Filo was die Esseners geheel en al pasifisties: hulle was gekant teen die besit van wapens.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS