Bible Society of South Africa

Denarius

ʼn Denarius was omtrent die dagloon van ʼn goed betaalde werker. ʼn Denarius was dieselfde werd as ʼn dragme.

Standaardgeldeenheid

Gedurende die Romeinse besetting van Israel (vanaf 63 v.C.) was die denarius die standaardgeldeenheid in die ryk van Augustus en sy opvolgers en dit het die beeld van die keiser vertoon. Die denarius is van silwer gemaak en het omtrent 2,4 gram geweeg. Soldate is met hierdie muntstuk betaal en belastings is hiermee ingesamel (sien Matteus 22:19).

Wat kon ʼn mens met ʼn denarius koop?

Vir een denarius kon ʼn mens ʼn skaap, 30 mossies of 15 sopies wyn koop. ʼn Os het vyf denarii gekos en die tempelbelasting was twee denarii.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS