Geld in die Ou Nabye Ooste
Voordat geld in die oudheid gebruik is, was daar al voorlopers van die munt.
Voorlopers van munte
Reeds vroeg in die Bronstydperk (3000-2000 v.C.) het ʼn standaardgeldeenheid in die vorm van stukke metaal in die Ou Nabye Ooste ontstaan. Silwer is meesal gebruik, maar soms ook goud of koper. ʼn Stafie of ring is uit silwer gevorm (dit het bekend gestaan as ʼn gietblok), en is versigtig geweeg om as ʼn waardestandaard te dien. Op dié manier is ʼn voorloper tot die munt ontwikkel.
In plaas van stafies of ringe is ronde klippies soms gebruik. Dié is ook versigtig geweeg om as ʼn waardestandaard te dien.
Elke stad of staat het sy eie standaard gehad
Daar was steeds baie probleme met betalings, veral wanneer daar buite ʼn mens se eie gebied handel gedryf is. Stede en state het hulle eie standaard gehad, wat beteken het dat daar ʼn deurlopende omskakeling of weegproses moes plaasvind. Dit is hoekom die Perse en die Grieke ʼn universele standaard in die vorm van munte binne hulle ryke wou instel. Hierdie eerste munte kon egter steeds aansienlik verskil ten opsigte van gewig en metaalkwaliteit, en dit is waarom alle munte altyd eers geweeg moes word.
Die eerste munte
Die eerste munte het in 625 v.C. in Lidië, in die weste van Klein-Asië na vore gekom. Aanvanklik is hulle aan die een kant “gestempel”, maar dit is gou uitgebrei na beide kante. Die stempels het aangedui dat die munte ʼn vasgestelde, gekontroleerde waarde gehad het. Die slaan van munte was die koning se verantwoordelikheid.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: