Eedswering in die Ou Testament
Ede kom in alle genres van die Ou Testament voor. God word opgeroep as getuie vir die waarheid van dit wat mense verklaar of belowe.
Omstandighede van ʼn eed
Die omstandighede waaronder ʼn eed afgelê is, het grootliks verskil. Mense kon by formele sowel as meer informele geleenthede ʼn eed aflê, en beide die volk as geheel en individue het bindende beloftes gemaak.
Daarom het die Israeliete as ʼn volk by Mispa ʼn eed afgelê dat niemand sy dogter aan ʼn Benjaminiet sal gee nie (Rigters 21:1
Gevolge van ʼn eed
In alle formulerings was die aanroep van God (of ʼn ander mag) bedoel as ʼn versterking van die eed. God moes verseker dat elkeen wat nie sy eed nakom nie, gestraf sou word.
Handelinge by die aflê van ʼn eed
Die aflê van ʼn eed was dikwels ʼn kombinasie van die uitspreek van ʼn vaste formulering en ʼn bepaalde handeling.
- Enigiemand wat ʼn eed aflê en sy hand oplig, lê ʼn eed by God af (Deuteronomium 32:40
). - Enigiemand wat sy hand op die heup van iemand anders plaas, betrek sy kinders en kleinkinders by die eed (Genesis 24:2
).
Verskeie formulerings
Daar was verskeie formulerings vir ʼn eed:
- So waar as die Here leef … Om ʼn eed by God af te lê, het beteken dat God as getuie ingeroep word. Maar God kon ook by Homself of by sy heiligheid ʼn eed aflê.
- So waar as … leef. In hierdie formule is (die naam van) God gewoonlik gebruik, maar daar is ooks formulerings waarin die Egiptiese farao vermeld word. Dit was ook moontlik om ʼn eed af te lê op iemand ander se lewe. Die formule “so waar as … leef” is een van die algemeenste ede in die Ou Testament.
- Mag God aan my doen … Hierdie formule was ʼn selfvervloeking. Mense kon ʼn vloek oor hulleself uitspreek indien hulle nie hulle belofte nakom nie.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: