Bible Society of South Africa

Sondeoffer

Die sondeoffer was ʼn offer wat gebring moes word as boetedoening vir sondes wat onopsetlik begaan is. Dit was nie ʼn vrywillige of spontane offer nie.
Die voorskrifte vir hierdie soort offer kan gevind word in Levitikus 4 – 5.

Wanneer is hierdie offer gebring?

Die sondeoffer het veral gedien om boete te doen vir sondes wat onopsetlik begaan is. Vir hierdie offer was daar verskillende voorskrifte vir die hoëpriester, die hele gemeenskap, die leier van die volk en die gewone mense.
Sondeoffers is voorgeskryf:

Hierdie twee voorbeelde wys dat daar nie noodwendig enige sonde aanwesig hoef te wees om ʼn sondeoffer te bring nie.

Watter soort diere is geoffer?

Die sondeoffer was ʼn bul, ʼn bokram of ʼn bokooi sonder enige gebrek.
Die dier moes na die ingang van die tent van ontmoeting gebring word. Daar moet die persoon wat die offer wil bring sy hande op die kop van die dier plaas. Dan moet hy die dier slag. Die priester het ʼn aantal rituele uitgevoer met die dier se bloed. Laastens het die priester die dier op die altaar verbrand. Die vel, die ingewande en die vleis is buitekant die kamp verbrand.
As verskeie offers gebring is, was die sondeoffer altyd die eerste.

 

 

 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS