Bible Society of South Africa

Maaltydoffer

Die maaltydoffer was ʼn vrywillige offer. ʼn Groot deel van die vleis van hierdie offer is deur die priesters en diegene wat die offer gebring het, geëet. 



Die reëls vir die offer kan in Levitikus 3 gevind word.

Wanneer is hierdie offer gebring?

Die maaltydoffer het ʼn belangrike rol gespeel wanneer mense iets gevier het (1 Samuel 11:15). ʼn Gemeenskaplike maaltyd het ʼn belangrike deel van die offerritueel uitgemaak (Deuteronomium 27:7).



Die maaltydoffer was ook bedoel as ʼn dankseggingsoffer.

Die maaltydoffer

Die maaltydoffer kon ʼn bul of ʼn koei, ʼn skaap of ʼn bok wees. Dit kon ʼn manlike of vroulike dier wees, solank dit nie gebreke gehad het nie.



Die bloed van die dier moes teen die kante van die altaar gegiet word. Die vet van die offerdier is voor God verbrand, terwyl die grootste deel van die vleis bedoel was vir die priesters. Die res was vir diegene wat die maaltydoffer gebring het. Dit is tydens ʼn gemeenskaplike maaltyd geëet. 

Die maaltydoffer as ʼn dankseggingsoffer

Wanneer die maaltydoffer as dank aan God gebring is, moes brode ook geoffer word. By ʼn dankseggingsoffer was daar dik en dun ongesuurde brood, dik brood van fyn meelblom en gesuurde brood. Van elke soort brood moes een brood opsy gesit word vir die priester. Die ander brood is op die altaar verbrand.



Dankseggingsoffers moes op die dag wat dit gebring is geëet word.

Verwante Bybelgedeeltes

LEVITIKUS 3

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS