Bible Society of South Africa

Skuldoffer [2]

As iemand opsetlik of onopsetlik teen God se wette gesondig het, moes hy of sy hiervoor versoening doen met ʼn skuldoffer.


Die reëls vir hierdie tipe offerande kan in Levitikus 5 gevind word.

 Wanneer is hierdie tipe skuldoffer gemaak?

'n Skuldoffer is gemaak:

  • wanneer iemand nie op ʼn dagvaardiging gereageer het om voor die regter te getuig wanneer hy ʼn misdaad gesien het nie;
  • wanneer iemand ʼn onbesonne eed afgelê het;
  • wanneer iemand aan iets onrein geraak het;
  • wanneer iemand aan iets raak wat vir God afgesonder is. 

Die Skuldoffer

'n Skaap of 'n bok is as skuldoffer gebring. As iemand dit nie kon bekostig nie, sou hy twee duiwe kon offer, en as iemand selfs dit nie kon bekostig nie, kon hy ʼn graanoffer bring.

Die offerdier moes ʼn vasgestelde waarde hê. Daarbenewens moes terugbetaling in sommige gevalle gedoen word. Die priesters het die waarde van die dier en die waarde van die terugbetaling bepaal.


 

Verwante Bybelgedeeltes

LEVITIKUS 5

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS