Bible Society of South Africa

Offer

ʼn Offer word in die Ou Testament gesien as ʼn kosbare gawe aan God. Mense het offers om verskillende redes en op verskillende maniere gebring.

Diere, graan of wyn

Diere was die algemeenste offer. Hulle is gedeeltelik of heeltemal verbrand. Met sommige offers is ook wyn of graan aan God gegee.

Die begrip “offer”

Daar is nie ʼn spesifieke woord vir “offer” in Hebreeus nie. In plaas daarvan gebruik die Ou Testament twee begrippe wat beskryf kan word as “aanbied vir God” (Levitikus 1:3) en “ʼn gawe aan God” (Genesis 4:3). Mense het na God toe gekom om aan Hom terug te gee wat Hy aan hulle gegee het.

Redes vir ʼn offer

Offers is om verskillende redes gebring:

  • om foute reg te stel;
  • om dankbaarheid te wys;
  • om hulleself te reinig;
  • om iets te vier.

Soorte offers

Die boek Levitikus beskryf die bring van offers in besonder omvangryke detail. Daar is verskillende soorte offers:

Wie het die offer gebring?

Offers is in die tabernakel (en later in die tempel in Jerusalem) of in ʼn ander heiligdom gebring.


Die voorskrifte in Levitikus word inklusief geformuleer: elkeen, mans en vroue, kon hul gawes na die heiligdom bring (sien Levitikus 12).



Binne die heiligdom het die priester ʼn spesifieke funksie tydens die offer gehad. Die doodmaak van die dier is gewoonlik gedoen deur die persoon wat die offer bring, terwyl die priester by die altaar gestaan het. Hy het bepaal watter dele van die offer verbrand moes word en watter nie. 

Kritiek op die offerkultus

In die Bybel kritiseer profete dikwels offers wat bloot uiterlike vertoon is. Indien iemand nie bereid is om God se gebooie te respekteer nie, is dit nutteloos om offers te bring. Volgens Amos 5:24 verkies God reg en geregtigheid bo offers. In Psalm 50:12 dryf die psalmdigter byvoorbeeld die spot met die idee dat ʼn offer voedsel vir God is.

Verwante Bybelgedeeltes

LEVITIKUS 1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS