Bible Society of South Africa

Menseoffers

In die wêreld van die Ou Testament het menseoffers plaasgevind — waarskynlik slegs in baie uitsonderlike omstandighede. God het hierdie (kinder)offers ten sterkste veroordeel.

Waarom het hierdie offers plaasgevind?

Beide volwassenes en kinders kon geoffer word. Die koning van Moab offer sy oudste seun om ʼn oorlog af te weer (2 Konings 3:27). Die rigter Jefta offer sy dogter om ʼn gelofte na te kom (Rigters 11:30-40).

Menseoffers onder ander volke

Menseoffers het ook voorgekom onder die volke rondom die Israeliete (onder die Egiptenare, Fenisiërs, Grieke en Romeine).


Die Egiptenare het soms gevangenes of vreemdelinge as menseoffers gebruik, maar daardie gebruik is in ʼn vroeë stadium vervang met ʼn ritueel met kleibeeldjies.

Molek

In die Ou Testament word Molek genoem as ʼn god aan wie menseoffers gebring is. Dit is gedoen deur kinders deur vuur te laat loop. Die Bybel veroordeel dit, soos byvoorbeeld in Levitikus 20:2-5 en Jeremia 32:35. Volgens 2 Konings 16 – 17 het die Israelitiese konings Agas en Hosea egter dieselfde ding gedoen. Dit was eers in die dae van koning Josia dat die aanbidding van Molek in Israel afgeskaf is.

Eersgebore seuns

Die wet het gesê dat eersgeborenes aan God gewy moes word. Maar wat mense betref, is dit omgeskakel in ʼn som geld (sien bv Eksodus 13:13; Numeri 3:45). Slegs die eersgeborene van diere kon steeds geoffer word.

Josua 6:26

Josua 6:26 bevat ʼn waarskuwing dat indien enigiemand Jerigo herbou, dit ten koste van sy oudste en sy jongste seun sal wees. Dit is presies wat in 1 Konings 16:34 gebeur. Of dit ʼn geval van ʼn kinderoffer was, kan egter nie uit die teks afgelei word nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS