Bible Society of South Africa

Purim

Die Purimfees het sy oorsprong in die boek Ester. Anders as die ander feeste wat deur ʼn goddelike opdrag ingestel is, is Purim deur Mordegai en Ester ingestel om hulle oorwinning oor hulle onderdrukkers te vier Ester 9:20-32.



In 2 Makkabeërs 15:36 word die Purimfees “Mordegai se dag” genoem.

Adar

Purim word op die veertiende dag van die maand

Adar

(Februarie/Maart) gevier. Die fees ontleen sy naam van die verhaal in Ester 3:7. Haman, die dienaar van die Persiese koning, werp die lot (Persies:

Pur

) om die datum te bepaal waarop die Jode uitgewis moet word. Maar Ester, die koning se Joodse vrou, en haar pleegvader Mordegai slaag daarin om die plan betyds te fnuik. Die koning laat Haman en sy seuns dan hang.



Gedurende die Purimfees word die verlossing van uitwissing uitbundig gevier.

Gebruike

Aan die vooraand van die Purimfees vas die Joodse volk om Ester se vas te gedenk Ester 4:15-16.



Tydens die fees word die boek Ester in die sinagoge gelees. Elke keer wanneer Haman se naam genoem word, doen die mense hulle bes om dit met die klank van ratels of met die stamp van voete uit te doof. Kinders en volwassenes dra maskers en kostuums. ʼn Spesiale soort koekie wat “Haman se ore” genoem word, word geëet.



Daar word geskenke aan die armes gegee en mense ruil geskenke met mekaar (sien Ester 9:22). 

Verwante Bybelgedeeltes

ESTER 9.20 - ESTER 9.32

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS