Bible Society of South Africa

Fees van die ongesuurde brood

Die fees van die ongesuurde brood het heel waarskynlik sy wortels in ʼn landbouritueel, wat later met die paasfeesvieringe saamgesmelt het. Die fees het sewe dae geduur en op die 15de dag van die eerste maand begin.

Graanoes

Die fees het saamgeval met die graanoes. Voordat brood met die nuwe graan gebak is, moes die ou suurdeeg eers uit die mense se huise verwyder word en vir ʼn week lank het hulle ongesuurde brood geëet. Daarna is brood weer met nuwe suurdeeg gemaak. Hierdie ritueel simboliseer ʼn “nuwe begin” en ʼn afsluiting van die verlede.

Paasfees

In Levitikus 23:5-6 word die fees van die ongesuurde brood afsonderlik vermeld. Maar in Eksodus 12:15 word die fees vervleg met die paasfees. Vanaf daardie oomblik het suurdeeg begin om sowel die “groot haas” van die Eksodus asook die tyd toe Israel God se uitverkore volk geword het, te simboliseer.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS