Bible Society of South Africa

Feesdae in die Ou Testament

Op ʼn paar plekke in die Ou Testament kan ʼn oorsig gevind word van die feesdae wat gehou moes word. ʼn Aantal van die feeste het uit die ou oeskalender voortgespruit. Ander feeste spruit voort uit die viering of herdenking van belangrike gebeure.

Waar in die Ou Testament?

Oorsigte van feesdae in die Ou Testament kan gevind word in:

Die belangrikste feeste

Die belangrikste feeste wat vermeld word, is:

Woorde vir “fees”

Daar is verskeie woorde vir “fees” in Hebreeus. Die belangrikste hiervan is moed en hag. Moed is redelik alledaags en word gebruik vir allerhande feesvieringe. Hag word veral gebruik vir die drie groot jaarlikse feeste: die paasfees, die fees van die weke en die huttefees.

Oesfeeste en pelgrimsfeeste

Die drie groot jaarlikse feeste in die Ou Testament was oorspronklik oesfeeste. Hierdie feeste word die eerste keer in Eksodus 23:14-17 genoem, wat ook die volk oproep om voor die Here te verskyn.

Nadat die tempel in Jerusalem gebou is, het die feeste pelgrimsfeeste geword waartydens almal na die tempel toe gegaan het.

By hierdie groot jaarlikse feeste was werk verbode (sien ook sabbat). Hierdie feeste is nie net uitsluitlik vir Israeliete nie, maar ook vir vreemdelinge.

Ontwikkeling

Dit is duidelik dat die feeskalender van die Ou Testament mettertyd ontwikkel het. Die kalender het stadigaan meer uitgebreid geraak en die teologiese klem het verskuif. Die tempel het ʼn belangrike rol hierin gespeel. Die datums het ook meer presies geraak, wat elkeen in Israel in staat gestel het om die feeste op dieselfde tyd te vier.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS