Bible Society of South Africa

Nuwejaar

Nuwejaar


Die nuwejaarsfees staan ook bekend as

Rosj Hasjana

(wat “begin van die jaar” beteken). Die voorskrifte vir hierdie dag kan gevind word in Numeri 29:1-6.

Tisri

Die nuwejaar val op die eerste dag van die maand

Tisri

(September/Oktober). Die Israeliete moes op die ramshoring blaas en ʼn aantal offers bring. Dit was ook verbode om op hierdie dag te werk.

Gebruike

Deesdae, voor en tydens die nuwejaarsfees, word verskeie gebede gedoen waarin vergifnis gevra word vir onregte wat in die afgelope jaar gepleeg is.



In die sinagoge word ʼn ramshoring (sjofar) 100 keer geblaas (of 101 keer, afhangende van die plaaslike tradisie) in groepe van een, drie en nege stote.



Soetighede word geëet en gedrink, soos appel met heuning en soetwyn, as ʼn simbool vir ʼn goeie en aangename nuwe jaar.


Indien moontlik, gaan Jode ook na die see of ʼn rivier om hul sakke en klere uit te skud, simbolies van die uitskud van hul foute. 



Tien dae na die nuwejaarsfees word Joom Kippoer gevier. Hierdie dae staan ook bekend as die “ontsagwekkende dae” of “die tien dae van boetedoening”. Gedurende hierdie tyd het mense die geleentheid om hulle onregte reg te stel en argumente te besleg.


 

Verwante Bybelgedeeltes

NUMERI 29.1 - NUMERI 29.6

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS