Bible Society of South Africa

Nuwemaansfees

Volgens bybelse tradisie moes die begin van elke maand gevier word. Die fees word die nuwemaansfees genoem of Rosj Chodesj (in Hebreeus), wat beteken “begin van die maand”.

Instruksies

Daar was verskeie instruksies vir die nuwemaansfees. Op die eerste dag van die maand is ʼn trompet geblaas, en volgens Numeri 28:11-15 is verskeie brandoffers, graanoffers en wynoffers gebring. Daarbenewens was dit gebruiklik om ʼn feesmaal te hou (sien bv 1 Samuel 20:11-34).

Die profeet Amos voer aan dat werk gedurende die nuwemaansfees verbode is: “Wanneer is Nuwemaan verby dat ons koring kan verkoop, of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaak en minder graan vir meer geld kan verkoop?” (Amos 8:5).

Daar is egter nêrens in die Bybel enige uitdruklike verbod teen werk gedurende die nuwemaansfees nie.

Tradisies

Die nuwemaansfees het hedendaags minder belangrik geraak. Dit word steeds gesien as ʼn heuglike dag, en daarom is dit verbode is om op daardie dag te vas of te treur.
Die dag word ook beskou as die perfekte dag om te trou. Ander gebruike sluit in om geld vir die armes te gee en lampe aan te steek.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS