Bible Society of South Africa

Dag van Versoening

Die Dag van Versoening (of

Yom Kippur

) is ʼn dag van besinning, vas en rus. Die dag is toegespits op versoening vir sondes. Die voorskrifte vir hierdie fees kan gevind word in Levitikus 16:1-34 en Levitikus 23:26-32.

Vasdag

Die Dag van Versoening vind plaas op die tiende dag van die maand

Tisri

(September/Oktober). Op dié dag moet mense vas en hulle mag nie werk nie.

Reinigingsritueel

Die Hebreeuse naam

Yom Kippur

is afgelei van die reinigingsritueel waar bloed van ʼn bok op die “versoendeksel” (die deksel) van die verbondsark gesprinkel is. Op dié wyse is die oortredings van die mense “bedek”, as ʼn teken van versoening tussen God en sy volk.


Die hoëpriester het die sondeoffer gebring in die Allerheiligste in die tabernakel of in die Allerheiligste van die tempel in Jerusalem.


Na die verwoesting van die tweede tempel in 70 n.C. kon hierdie ritueel nie meer uitgevoer word nie. Sedertdien het die klem op die Dag van Versoening op besinning, gebed en liefdadigheid geval.

Tradisies

In die Joodse tradisie het die Versoeningsdag die belangrikste dag op die kalender geword. Mense fokus op oordenking, boetedoening vir vergrype en versoening met God en ander mense. In die sinagoge word die Bybelboek Jona voorgelees en die ramshoring word geblaas.


Die Dag van Versoening is die afsluiting van ʼn tydperk van tien dae wat begin met die nuwejaar (

Rosh Hashanah

). Hierdie dae word die “Dae van Verwondering” genoem. Dit is ʼn tydperk waarin mense terugkyk oor die jaar wat verby is en voornemens maak vir die jaar wat voorlê.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS