Bible Society of South Africa

Die eerste brief van Paulus aan die Tessalonisense

Hierdie brief is deur die apostel Paulus uit Korinte aan die Christene in Tessalonika geskryf, vermoedelik omstreeks 50 n.C. Indien wel, is 1 Tessalonisense die oudste brief van Paulus wat ons het.
Die heel belangrikste onderwerp waaroor hierdie brief handel, is die eindtyd, die tyd van God se oordeel oor die wêreld.

Tema

In die brief is die hooftema om te weet wanneer die eindtyd gaan begin. Dit is ʼn weergawe van Paulus se prediking waarin hy verwag dat God se oordeel gou gaan plaasvind.
Paulus het nie die gemeentelede daarop voorberei dat sommige gelowiges, wat tot bekering gekom het, sou sterf vóór die dag van oordeel plaasvind nie. Die brief wys dat toe dit wel gebeur, die Tessalonisense bevrees was dat die ontslapenes nie sou deel in die koms van die koninkryk van God nie. Paulus verduidelik dat die gelowiges wat ontslaap het, weer sal opstaan wanneer Jesus kom. Paulus doen ʼn beroep op die gemeente om waaksaam te wees, aangesien die oordeel van God enige tyd kan plaasvind. Presies wanneer, is net aan God bekend.

Styl

1 Tessalonisense is ʼn brief wat in ʼn redelike spontane en nie baie afgeronde styl geskryf is nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS