Bible Society of South Africa

Wapens

In die oudheid is wapens van hout, riet of leer gemaak. Die punte of lemme is van harder materiale soos vuursteen, klip, been of brons gemaak. Sedert 1200 v.C. is wapens ook van yster gemaak.

Handwapens

Vir een-tot-een gevegte het mense veral die swaard of die spies gebruik, maar ook kleiner wapens, soos ʼn dolk of ʼn knuppel.


Ander wapens was bedoel om mense van ʼn groter afstand te tref, soos ʼn pyl en boog, slingervel en ligte spiese. Hierdie wapens kon deur voetsoldate gebruik word, maar ook van strydwaens of van die stadmure af geskiet of gegooi word.

Beleëringswapens

By die beleg van ʼn stad is stormramme en ander beleëringswapens ook gebruik. Die verdedigers het soms van lanseerders en ander toestelle gebruik gemaak wanneer hulle ʼn aanval moes afweer.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS