Bible Society of South Africa

Slingervel

Die slingervel was ʼn wapen waarmee ʼn klip na die opponent gegooi kon word. Skaapwagters het ook dikwels ʼn slingervel gedra om hulle kudde teen wilde diere te beskerm.


ʼn Slingervel is uit ʼn reghoekige of ovaal stuk leer of geweefde lap gemaak wat aan twee stukke tou vasgemaak is.

Gebruik van die slingervel

Die persoon wat die slingervel gebruik het, het die punte van die tou in een hand vasgehou. Hy het ʼn gladde, ronde klippie in die slingervel geplaas en dit vinnig in die rondte geswaai om spoed op te bou. Sodra hy een van die toue laat los, is die klip teen ʼn hoë spoed vorentoe geslinger.

Ammunisie

Slingervelklippe of slingervelkoeëls, met ʼn deursnee van ongeveer 6,3 sentimeter of meer, is as ammunisie gebruik. Dit was meestal klippe, maar sedert die Hellenistiese era is bronskoeëls ook gebruik. Argeoloë het baie slingervelklippe gevind rondom die stad Lagis wat deur die Assiriërs in 701 v.C. beleër en oorwin is.

Die slingervel in die Bybel

Die verhaal van Dawid en Goliat in 1 Samuel 17 is die bekendste verhaal waarin ʼn slingervel gebruik is. In hierdie geval is dit man teen man, maar slingervelle is ook in die leër as wapens gebruik. Volgens Rigters 20:16 was die stam van Benjamin beroemd vir sy linkshandige mans wat baie bedrewe was in die gebruik van die slingervel.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS