Bible Society of South Africa

Spies

ʼn Spies of lans is ontwerp om na die opponent te steek. Dit was ongeveer 1,5 tot 1,8 meter lank en het uit ʼn lang houtskag met ʼn breë metaalpunt bestaan. Die onderste deel van die skag het ook ʼn metaalpunt gehad wat gebruik is om die spies in die grond te steek.

Werpspiese

Daar was ook kleiner, ligter spiese wat gebruik is om te gooi, meer algemeen bekend as ʼn werpspies. Dit is uit hout of riet gemaak. Dikwels is ʼn tou aan die skag vasgemaak met ʼn lus aan die ander punt wat die gooiers om hulle vingers gehaak het. Wanneer die spies gegooi is het die tou afgerol en gesorg vir rigting en stabiliteit.

Romeinse spiese

Die Romeine het dikwels ʼn “

pilum

” gebruik. Dit was ʼn werpspies van ongeveer 1,8 meter in lengte met ʼn lang ysterskag. Die ysterskag is verder verleng met hout. Die houtgedeelte is aan die ystergedeelte met ʼn tou vasgemaak wat as handvatsel gedien het. Sodra die “

pilum

” sy teiken tref het die metaal gebuig, wat beteken dat die vyand die spies nie meer kon gebruik of teruggooi nie.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS