Bible Society of South Africa

Swaard

Elke soldaat in antieke tye het ʼn swaard as deel van sy wapens gehad. Hierdie swaard is uit brons en later uit yster gemaak.

Kromswaard 

In die laat Bronstydperk (1550-1200 v.C.) het mense hoofsaaklik van kromswaarde gebruik gemaak. Hulle was sekelvormig, maar anders as sekels, is hulle aan die buitekant skerp gemaak. ʼn Kromswaard was ongeveer 25 cm lank. Hierdie tipe swaard is hoofsaaklik gebruik om mee te kap. Volgens (%1 Samuel 17:45%) het Goliat ʼn kromswaard gedra.

Reguit swaarde

Reguit swaarde was meer geskik om mee te steek. Voor die koningstydperk was sulke swaarde betreklik kort en breed, ongeveer 30-40 cm lank. Sedert die koningstydperk in Israel en Juda het die swaarde langer en smaller geword. Die Romeine het egter die korter tipe swaard verkies.

Skede

Die swaard is in ʼn skede gedra wat van leer of materiaal, of soms van metaal gemaak is. Die skede is aan ʼn band oor die skouer of om die middellyf gedra. Ysterswaarde was swaarder, en daarom is dit aan twee bande om die middellyf of oor die skouer gedra.

Verwante Bybelgedeeltes

MARKUS 14.43 - MARKUS 14.50

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS