Bible Society of South Africa

Stormram

Stormramme is gebruik om ʼn stad te beleër. Hulle was bedoel om gate in die stadsmuur te maak of om die stadspoorte oop te breek. Die Assiriërs was die eerstes om stormramme te gebruik. Dit het hulle baie suksesvol gemaak tydens beleërings.

Konstruksie van die stormram

ʼn Stormram is van hout gemaak en met leer en metaal bedek. Dit het bestaan uit ʼn stewige paal met ʼn sterk metaalkop. Die paal het aan twee toue gehang sodat die stormram gemaklik vorentoe en agtertoe kon swaai. ʼn Houtkis is as beskerming rondom die stormram gebou, en die hele konstruksie is op ʼn wa geplaas. 

Gebruik van die stormram

Eerstens is die stormram op sy wa tot naby die stadsmuur gebring. Omdat baie stede op ʼn heuwel gebou was, moes daar eers versterkings gemaak word, veral beleëringswalle


Die paal met die metaalkop is dan baie hard teen die muur gestamp, sodat die kop tussen die klippe vasgesteek het. Daarna is die paal vorentoe en agtertoe beweeg totdat die klippe inmekaar geval het.

Verdediging teen die stormram

Die verdedigers van die stad het brandende fakkels en pyle na die houtstormram afgevuur. Op hierdie manier het hulle probeer om die stormramme aan die brand te steek. Om te verhoed dat dit aan die brand slaan, het die aanvallers dierevelle oor die stormramme gedrapeer en dit met water nat gehou.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS