Bible Society of South Africa

Stadspoort

Die stadspoort was die ingang tot die stad. Die poort was deel van die stadsmuur. ʼn Groot stad, soos Jerusalem, het verskeie stadspoorte gehad. Die stadspoort was die swakste deel van die stadsmuur, en dit is waarom dit gewoonlik deur torings versterk is.


ʼn Stadspoort het gewoonlik uit verskeie areas bestaan. In die koningstyd was daar gewoonlik twee of drie ruimtes aan elke kant van die muur. 


Voor die stadspoort was daar dikwels ʼn tweede, buitenste poort.

Draai in die poort

Om van die buitenste poort tot by die eintlike stadspoort te kom, moes ʼn mens gewoonlik ʼn skerp draai maak. Dit was om aankomende vyande te vertraag wanneer die stad aangeval is sodat die verdedigers hulle maklik met pyle of klippe kon teiken.


Die meeste soldate het hul wapens in hul regterhand gedra en die skild in die linkerhand gehou. Daarom is die poorte so ontwerp dat die aanvallers heeltyd links moes draai, wat beteken het dat die verdedigers hulle kwesbare kante kon teiken. 

Poortdeure

Die poort is van die binnekant af gesluit deur soliede dubbeldeure met grendels of ʼn dwarsbalk. Die deure het na buitentoe oopgemaak, wat dit moeiliker gemaak het vir aanvallers om dit oop te maak. Dit is van hout gemaak, dikwels met ʼn koperbeslag om dit teen vuur te beskerm. 

Die gebruik van die stadspoort

Die doel van die stadspoort was nie net om die stad te beskerm nie, maar dit was ook ʼn openbare plek waar mense mekaar kon ontmoet. In baie van die stadspoorte is bankies gevind; dit is gebruik vir mense om op te sit.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS