Bible Society of South Africa

Beleg van ʼn stad

Tydens die beleg is die hele stad deur die vyand omsingel. Niemand kon in of uit nie en geen voedsel of water kon die stad ingeneem word nie. Die aanvallers se doel was om die mense van die stad tot oorgawe te dwing.


Dit was daarom belangrik om ʼn waterbron in die stad te hê. Soms is ʼn tonnel na ʼn fontein buitekant die stad gegrawe.

Aanval op ʼn beleërde stad

Indien pogings misluk om die bevolking tot oorgawe te dwing, is die stad aangeval. Die aanvallers sou deur die stadsmure breek met byle of hamers. Soms sou hulle onderdeur die stadsmuur grawe, of lere gebruik om bo-oor te klim. Die voorkeur was om die stadspoorte aan te val, aangesien dit die swakste punt in die muur was.

Stormramme en beleëringstorings

Die Assiriërs was die eerste om van stormramme gebruik te maak. Hulle het dit gebruik om hulle pad deur die stadsmure te slaan.


Hulle het ook hout beleëringstorings op wiele gebruik wat na die stadsmuur gerol is. Die soldate wat in die torings gesit het, kon die stad met hulle pyle bestook.

Verdediging van ʼn beleërde stad

Die inwoners van ʼn beleërde stad het die stad verdedig deur met pyle en klippe vanaf die mure op die aanvallers te skiet. Hulle het ook brandende fakkels na die hout stormramme gegooi om dit aan die brand te steek.


Die stadsmure is soms versterk deur die oprigting van houtstellasies waaraan hulle skilde gehang het.

Na die beleg

Wanneer ʼn beleërde stad verower is, is die bevolking van die stad dikwels doodgemaak of in ballingskap weggevoer. Die oorwinnaars het ook die stad geplunder en waardevolle items geneem. Argeoloë het spore van groot brande in baie stede gevind. Hierdie brande kon gedurende die geveg ontstaan het, maar soms is stede met opset verwoes nadat die bevolking in ballingskap weggevoer is.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS