Bible Society of South Africa

Stadsmuur

Reeds gedurende die Bronstydperk, voor die tyd van die konings, is baie Kanaänitiese stede met mure en poorte versterk. Baie van hierdie stede het ook in die Ystertydperk, in die tyd van die koninkryke van Israel en Juda, in gebruik gebly.

Bou van die muur

Stadsmure was van baksteen of klip gemaak. Die onderste laag kon ook van grond gemaak word. Die mure kon tot 10 meter dik wees. Kantele is dikwels aan die bokant van die mure aangebring. Die mure is met torings versterk, waarvandaan op aanvallers geskiet kon word.


Omdat die stadsmure so breed was, was dit moontlik om nog ʼn verdieping met kamers bo-op die muur te bou. Volgens die verhaal in Josua 2:15 het Ragab in so ʼn huis op die stadsmuur van Jerigo gewoon.

Stadsmure tot en met die negende eeu

Tot die negende eeu v.C. was stadsmure dikwels kasematmure. Kasematmure het uit twee mure bestaan wat ongeveer 1,5 tot 2 meter uit mekaar gebou was. Hulle is aanmekaar verbind deur dwarsmure, wat smal tussenruimtes geskep het. Hierdie ruimtes is soms met puin opgevul om dit te versterk. Maar dit is soms ook as stoorplek gebruik, of selfs as die agterkamers van huise wat teen die muur op gebou is.


Die voordeel van hierdie soort muur was dat relatief min materiaal daarvoor nodig was. Dit was daarom nie so duur om te bou nie.

Stadmure sedert die agtste eeu v.C.

Sedert die agtste eeu v.C. is die stede van Israel toenemend deur die Assiriërs bedreig. Die kasematmure was nie sterk genoeg om die stormramme en ander aanvalswapens te weerstaan nie. In die agtste en sewende eeue is die stadsmure meer solied gemaak, dikwels met inhamme en dele wat uitstaan.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS