Bible Society of South Africa

Put

ʼn Put was ʼn gat in die grond wat deur mense uitgegrawe is en wat afgegaan het tot by die grondwater. Die mure van die put is dikwels met klippe en stene uitgelê. ʼn Put kon verskeie meters diep gewees het.

Uitgrawing en instandhouding 

Omdat die grond in Israel op baie plekke baie rotsagtig was, was dit harde werk om ʼn put te grawe. Die persoon wat die put gegrawe het, was daarom vanselfsprekend die eienaar. Hy was verantwoordelik vir die instandhouding van die put, byvoorbeeld wanneer ʼn klomp sand ingeval het, of klippe van die mure losgekom het. Met verloop van tyd kon ʼn put opdroog, soos wanneer daar vir ʼn sekere tyd min reën geval het. Dit sou veroorsaak dat ʼn put onbruikbaar word. Genesis 37:22 vertel die verhaal van hoe Josef deur sy broers in een van hierdie droë putte gegooi is.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.25.2
VOLG ONS