Opgaarput
ʼn Opgaarput of reservoir was ʼn ruimte waarin reënwater opgevang is vir die droë maande van die jaar. Putte soos hierdie is gewoonlik in rots uitgekap, maar soms is ʼn bestaande grot gebruik. ʼn Opgaarput kon tot ses meter in deursnee en ses meter diep wees, soms selfs groter.
Ligging
Soms is ʼn opgaarput buite die stad gemaak, op ʼn plek waar water maklik opgevang kon word. Op plekke waar baie mense gewoon het, was daar opgaarputte onder die huise.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: