Bible Society of South Africa

Ou Testament

Die boeke van die Ou Testament verskil aansienlik en het oor ʼn tydperk van eeue onstaan. Die Ou Testament is die Heilige Skrif vir beide Joodse en Christelike tradisies. Sedert die dae van die vroeë kerk het Christene die Hebreeuse Bybel die Ou Testament genoem. In Nuwe Testamentiese tye word daar na hierdie boek verwys as “die wet en die profete” of as “die Skrifte”.

Die ontstaan van die term “Ou Testament”

Die term “Ou Testament” kom van ʼn formulering in 2 Korintiërs 3:14. Daar skryf Paulus oor die ou verbond, oor die geskiedenis van Israel en die Joodse tradisie:



“Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo.”



“Ou Testament” kan ook vertaal word as “Ou Verbond”. Die Latynse woord

testamentum

is ʼn vertaling van die Griekse en Hebreeuse woorde vir “verbond”, en dit is hoe die term Ou Testament ontstaan het

Die struktuur van die Ou Testament

Die Ou Testament kan op verskillende manier ingedeel word. Die algemeenste manier om die Hebreeuse Bybel, die Tanag, in te deel, is soos volg:

  • Tora;
  • Profete (Neviim);
  • Geskrifte (Ketuvim).

Baie Bybelvertalings volg die indeling van die Septuaginta, die ou Griekse vertaling:

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS