Bible Society of South Africa

Nuwe Testament

Die Nuwe Testament is ʼn versameling van 27 boeke. Dit is geskryf deur en vir die eerste geslag Christene, die volgelinge van Jesus Christus. Dit is geskryf in die eerste 100 jaar na die bediening van Jesus.


Die Nuwe Testament handel oor Jesus en sy betekenis, asook oor die vroeë Christelike kerk.

Oorsprong van die term “Nuwe Testament”

Die term “Nuwe Testament” het sy oorsprong in die vroeë Christelike kerk. Die situasie wat ontstaan het namate die Christelike beweging gegroei het, is “die nuwe verbond” genoem. Die Latynse woord vir “verbond” is testamentum, en dit is hoe die term “Nuwe Testament” tot stand gekom het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS