Bible Society of South Africa

Bybel: Naam

Die woord “Bybel” is afkomstig van die woord biblia. Dit is oorspronklik ʼn Griekse woord, die meervoud van biblion, “boek”, en daarom beteken biblia dus “boeke”. Die woord biblia is in Grieks vir sekere versamelings geskrifte gebruik. Dikwels is biblia met ʼn ander woord gekombineer om aan te dui watter soort versameling dit was: ta biblia ta hagia (“die heilige boeke” in 1 Makkabeërs12:9).

Nie meer meervoud nie

Die Griekse verwysing ta biblia ta hagia, “die versameling van heilige geskrifte het gaandeweg in die Christelike tradisie die term vir die Bybel geword. In die Middeleeue het biblia ʼn sinoniem vir “Heilige Skrif” geword. Dit word nie meer as ʼn meervoud (“boeke”) beskou nie, maar as ʼn term vir een entiteit. Dit is dus nie genoeg om bloot te sê dat die term Bybel oorspronklik “boeke” beteken het nie. Die woord Bybel kom van biblia en in die tussentyd was hierdie term ʼn manier om na die “Heilige Skrif” te verwys.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS