Week
Ons ken die week as ʼn vaste, ewigdurende siklus van sewe dae. Die ritme van die week is onafhanklik van die siklus van die seisoene (die jaar) en van die maansiklus (die maanmaand). Die week, soos ons dit ken, het sy oorsprong in die Ou Testament, maar daar is ʼn storie daaragter. Ou Israel was bekend met die sewedag-ritme uit die ploeg- en oestyd. Daar was ook godsdienstige feeste wat sewe dae geduur het. Na die Babiloniese ballingskap het die sewedag-week die basis vir die Joodse kalender geword.
ʼn Rustyd na ses werksdae
Volgens die ou sosiale wetgewing kon landbouwerkers na ʼn aantal werksdae ʼn dag af hê. Hierdie wetgewing het die armes teen die rykes beskerm. In Mesopotamië het werkers die agtste dag af gehad, en by ander volke was dit die tiende dag. In Israel het werkers die sewende dag af gehad.
Hierdie ritme laat ʼn mens aan ʼn week dink, maar dit is nie dieselfde nie. Dit is omdat dit nie ʼn verdeling van tyd in vaste weke was nie, maar eerder bepaalde werksperiodes gedurende die landboujaar met af dae tussenin.
Sewedag-fees
In die oudheid was dit algemeen om godsdienstige feeste of feesvierings te hê wat sewe dae lank geduur het. Hierdie feeste het in Ugarit en Mesopotamië en waarskynlik ook in ou Israel plaasgevind. Dit het sewe dae lank geduur aangesien die getal “sewe” ʼn spesiale betekenis gehad het. Dit was ʼn simbool van volmaaktheid.
Die week as die basis van die kalender
In die tydperk na die Babiloniese ballingskap
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: