Bible Society of South Africa

Sabbat

Die sabbat is die Jode se weeklikse rusdag. Op hierdie sewende dag (die Saterdag) is niemand toegelaat om te werk nie. Dit was ʼn dag wat aan God toegewy was. Sedert die Babiloniese ballingskap het die sabbat, saam met die besnydenis, die simbool geword van die verbond tussen God en Israel. Dit het Israel van die ander volke onderskei.

Voorskrifte rakende die sabbat

Op verskillende plekke in die Ou Testament word die gebod om die sabbatdag te onderhou, verder uitgelê. ʼn Bekende bewoording van die sabbatsgebod word gevind in Deuteronomium 5:14:


“maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of jou bees of jou donkie of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie, sodat jou werksmense kan rus soos jy.”


Voorbeelde van aktiwiteite wat verbode is, sluit in:

Volgens Eksodus 31:14 en Numeri 15:32-36 moet ʼn Israeliet wat nie die sabbatdag onderhou nie, doodgemaak word. 

Debat oor die sabbat

Daar is al baie debat gevoer oor die interpretasie van die Joodse wet, veral oor die sabbat. Wat is toelaatbaar, en wat nie? In die Nuwe Testamentiese tyd was daar ʼn klomp teorieë en besprekings omtrent wat “om ooreenkomstig die wet te lewe” in die praktyk beteken. Die Esseners, byvoorbeeld, het selfs strenger beskouings ten opsigte van die sabbat gehad as die Fariseërs.


In die Nuwe Testament het Jesus ʼn gesprek oor die sabbat gehad met die godsdienstige leiers. Volgens Hom kan streng voorskrifte van die sabbat ʼn las eerder as ʼn gawe van God maak.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS